13 Feite oor Afrikaners wat jy nie geweet het nie

13 Feite oor Afrikaners wat jy nie geweet het nie

13 Feite oor Afrikaners wat jy nie geweet het nie
  1. Afrikaners het 'n bevolking van nagenoeg 3.5 miljoen, waarvan net onder 3 miljoen in Suid-Afrika woon en waar hulle 5% van die nasionale bevolking uitmaak. 
  1. Volgens oorlewering was die eerste persoon wat na homself verwys het as ’n Afrikaner, Hendrik Bibouw wat in 1707 tydens ’n onderonsie met die Stellenboschse magistraat die woorde geuiter het “Ik ben een Afrikander!”.  Dit was die eerste maal wat ’n persoon van Europese afkoms aktief begin assosieer het met Afrika en nie meer met Europa nie.
  1. Sowat ’n kwart van alle families met ’n gemiddelde maandelikse inkomste van R20 000 of meer is Afrikaans.
  1. Afrikaans-sprekendes maak sowat ’n derde van die LSM groep 9 - 10 uit.  LSM groep 9 -10 is die top leefstyl kategorie in die land en maak zowat 43% van die totale spandering in die land op.
  1. Sowat ’n derde van alle nuwe motorverkope in Suid-Afrika in 2015 was aan Afrikaanse mense.
  1. Afrikaans-sprekendes is vyf keer meer geneig as die algemene Suid-Afrikaner om in ’n aftreefonds of aniteit te belê.
  1. Afrikaans-sprekendes maak slegs 14% van die totale populasie uit maar het sowat ’n vyfde van die ekonomiese mag van die land.  Dit is zowat R 376.8 miljard per jaar. (AMPS2014 AB)
  1. Amper 90% van Afrikaans-sprekendes het ’n bankrekening in vergelyking met 66% van die totale populasie.  (AMPS 2014 AB)
  1. Afrikaans-sprekendes is tegnologie-georienteerd en amper 60% besit ’n slimfoon en zowat 55% gebruik die internet daagliks.  (AMPS DEC 2015)
  1. Die eerste persoon wat na homself verwys het as ’n ‘Afrikaner’ was Hendrik Biebouw wat in 1707 in Stellenbosch verklaar het “Ik ben een Afrikander”.  Dit is ’n toonaangewende oomblik gewees toe Europeers in suid Afrika hulself aktief begin assosieer het met Afrika en nie hul land van oorsprong nie.
  1. Die meeste Afrikaners stam af van Europeers wat voor 1700 in SA aangekom het.  Die getalle wat ’n nageslag nagelaat is is opgebreuk soos volg:
  • 67% Hollands
  • 17% Frans
  • 14% Duits
  • Skandenawies en Belgies 2%

12. Doktor Johannes Heese in sy studie Die Herkoms van die Afrikaners het uitgewerk dat die etniese samestelling van Afrikaners soos volg is:

  • 35.5% Hollands
  • 34.4% Duits
  • 13.9 % Frans
  • 7.2 % nie-Europees
  • 2.6 % Engels
  • 2.8 % Ander Europese invloed
  • 3.6 % onbekend.

13. Na die Anglo-Boereoorlog het verskeie Afrikaners Suid-Afrika verlaat.  Tussen 1902 en 1908 het zowat 650 Afrikaners immigreer na Patagonia in Argentinië.  Nog ’n groep het na Kenya immigreer in die 1930s en ’n derde groep onder die leierskap van Ben Viljoen het na Chihuahua in Noord Meksiko en Arizona, Kalefornië en Teksas in Amerika verhuis.