5 Plekke om te besoek in Pretoria!

5 Plekke om te besoek in Pretoria!

5 Plekke om te besoek in Pretoria!

Hier is ’n paar historiese plekke en geboue wat jy op jou “Moet-besoek lysie” moet sit!

Kerkplein

Die stad Pretoria het om Kerkplein verreis wat die plein die histories  middelpunt van die stad maak.  In die middel van die plein is die bekende beeld van Paul Kruger wat deur Anton van Wouw gemaak is. Buiten die pragtige beeld kan mens ook die Ou Raadsaal (voltooi in 1889), die Paleis van Justisie en die Suid-Afrikaanse Reserwebank besigtig.

Die Uniegeboue

Die bekende landmerk is deur Sir Herbert Baker ontwerp en is in 1913 voltooi.  Die gebou is op Meintjieskop, voorheen die ligging van ’n Anglo-Boereoorlog konsentrasiekamp, gebou. Buiten die pragtige argitektuur kan die Delville woud monument ook besigtig word wat Suid-Afrikaanse soldate wat in die Eerste Wêreldoorlog by die Slag van Dellville woud gesterf het herdenk. 

Kruger Huis

Die oulike huis met sy groot voorstoep is ’n lekker dag-uitstappie vir die Kruger-entosias. Die huis was aan Paul Kruger in 1884 gebou en melk instede van water is gebruik om die sement van die huis aan te maak.  Die rede hiervoor was dat die sement wat beskikbaar was van baie swak gehalte was.  Die huis is ook een van die eerstes in Pretoria gewees wat elektrisiteit gehad het. 

Die Voortrekkermonument

Die massiewe monument is gebou ter herinnering van die Voortrekkers wat die Kaap Kolonie tussen 1835 en 1854 verlaat het. Die historiese fries in die heldesaal van die Voortrekkermonument is definitief ’n besoek werd. Dit word geag as die langste aaneenlopende marmerfries ter wêreld en vertel die verhaal van die Groot Trek in prentjie-vorm. 

Willem Prinsloo Museum

Die museum is vir die liefhebber van die plaaslewe en het een van die grootste versamelings plaasimplimente, motors en trekkers in die land. Die museum hou ook jaarliks ’n mampoerfees met demonstrasies van van die implimente. Definitief ’n besoek werd.