Nassau Canvas Tekkies

Regular Price
R 799.00
Sale Price
R 799.00
Regular Price
Sold Out
Unit Price
Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator 

Groottes: 8 (EUR42)

Die naam Nassau herinner aan beide ’n adelike herkoms en die avontuur van ’n koloniale wêreld. Nassau is ’n historiese area van Duitsland waarvan die huidige koningklike families van die Huis van Nassau, die regeerders van Nederland en Luxembourg afstam. Die familie het ook hul naam geleen aan wat vandag die hoofstad van die Bahamas is.

In die vroeë 1600's het die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie probeer om sy invloed in die Karibiese Eilande en Latyns-Amerika uit te brei. Nassau het deel geword van die Nederlandse belange, aangesien die gebied 'n ideale plek vir privatery gebied het. Nederlandse seerowers het Nassau as 'n basis gebruik. Die goewerneur van Bermuda het verklaar dat daar meer as 1 000 seerowers in Nassau was en dat hulle die skamele honderd inwoners van die dorp oorskry het. Gevolglik het hulle Nassau tot 'n seerower-republiek uitgeroep.

Vandag vier ons die unieke en diverse nalatenskap van die Huis van Nassau met ons Republk Canvas Nassau Tekkies. Stap uit in styl en trap diep spore - of dit op ’n oorsese reis, ’n plaaslike avontuur of vir kerk is - dra Republk.
Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 2-5 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk.

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.