Jagter T-hemp
- Regular Price
- R 395.00
- Sale Price
- R 395.00
- Regular Price
- Unit Price
- Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator
Die woord jager beskryf iemand wat 'n diep verbintenis met die natuur, wild en die buitelewe het. Vir baie mense is jag veel meer as net 'n aktiwiteit; dit is 'n leefwyse wat geduld, dissipline, respek en verantwoordelikheid vereis. 'n Ware jagter verstaan die waarde van bewaring en besef dat volhoubare jag 'n belangrike rol speel in die bestuur en beskerming van wildspesies en hul natuurlike habitatte. 'n Jagter spandeer ure in die veld, waar kennis van dieregedrag, windrigting, spore en die omgewing noodsaaklik is. Elke uitstappie bied die geleentheid om die skoonheid van Afrika se landskappe te ervaar en nader aan die natuur te leef. Die ervaring gaan dikwels nie net oor die jag self nie, maar ook oor die kameraadskap, kampvure, sonsopkomste en herinneringe wat saam met familie en vriende geskep word.
Aflewering binne Suid-Afrika
Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 2-5 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.
R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.
R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.
Internasionale aflewerings
Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.
Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk.
Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:
- Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
- Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
- Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.
Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.
Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.
Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.