SA Kampioenskap T-hemp (Dames)

Regular Price
R 385.00
Sale Price
R 385.00
Regular Price
Sold Out
Unit Price
Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator 

Grootte: L

Die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe was een van die vroegste en mees glansryke tennistoernooie in Suid-Afrika en het van 1891 tot 1995 plaasgevind. Dit is in die laat 19de eeu gestig en het die groeiende gewildheid van tennis weerspieël. Die toernooi het vinnig die mees prominente nasionale kompetisie vir amateurspelers van regoor die land geword.

In die vroeë jare is die kampioenskappe op grasbane gespeel in die tradisies van Wimbledon, met aparte mans- en vroue-enkelspel-, dubbelspel- en gemengde dubbelspel- items. Deur die dekades heen het die toernooi legendariese Suid-Afrikaanse spelers opgelewer, insluitend Abe Segal, Frew McMillan en Johan Kriek, wat daartoe bygedra het om Suid-Afrikaanse tennis op die wêreldkaart te plaas. Toe dit in 1995 tot ’n einde gekom het, het die kampioenskap 'n ryk nalatenskap gelaat.

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 2-5 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk.

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.