One Life Langmoutop
- Regular Price
- R 949.00
- Sale Price
- R 949.00
- Regular Price
- Unit Price
- Translation missing: af.general.accessibility.unit_price_separator
One Life – Live It is 'n eenvoudige, maar kragtige slagspreuk wat mense aanmoedig om elke geleentheid ten beste te benut en die lewe te waardeer. Dit dien as 'n herinnering dat die lewe beperk is en dat elke dag 'n geleentheid bied om te leer, te groei, doelwitte te bereik en betekenisvolle herinneringe te skep. Eerder as om vir die "perfekte" oomblik te wag, inspireer die frase mense om op te tree en die lewe ten volle aan te gryp.
One Life - Live It word dikwels met avontuur, vasberadenheid en die benutting van elke ervaring geassosieer. Die frase herinner ons daaraan dat elke besluit bydra tot ons persoonlike lewensreis en dat 'n vol lewe nie slegs deur materiële sukses gemeet word nie, maar ook deur die ervarings, verhoudings en blywende invloed wat ons gedurende ons leeftyd skep.
Aflewering binne Suid-Afrika
Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 2-5 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.
R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.
R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.
Internasionale aflewerings
Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.
Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk.
Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:
- Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
- Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
- Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.
Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.
Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.
Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.