Kitsfeite vir tuinmaak (Deel 1)

Kitsfeite vir tuinmaak (Deel 1)

Kitsfeite vir tuinmaak (Deel 1)

Geskryf deur: Madelein Lamb.

Hier is deel 1 van ons reeks oor hoe jy die buitelewe kan geniet, deur maklik tuin te maak! 

Rose

Een van die maklikste maniere om rose te kweek, is deur steggies te sny. Jy plak die roosknipsel in 'n aartappel en druk dan albei in die grond. Die aartappel hou die steggies klam terwyl wortels ontwikkel.

Plantmerkers

Jy het seker al by die tuinwinkel oulike geverfde rivierklippe gesien en gedink jy kan dit self verf! Jy benodig net 'n paar afgeplatte rivierklippe, verf en merkers. Skryf die name van die plante wat jy geplant het. Dit is wonderlik as jy nog nie gewoond is aan die identifisering van sade nie en wil onthou wat jy waar geplant het.

Daar is soveel oulike idees vir plantmerkers daar buite! Terwyl die rivierklippe en die stukkende potte baie oulik en kreatief is, is daar ook ’n idee vir die ywerige wyndrinkers daar buite ... wynkurke! Hou net die kurke van die wyn wat jy drink en skryf dit met 'n merker en sit dit in die grond.

Voedsel vir jou plante

Eierdoppe is nuttig in die tuin, die fyngemaakte doppe  kalsium is ‘n goeie bron van kalsium vir plante. Boonop beskerm die doppe plante teen sekere plae en insekte.

Baie mense hou daarvan om tamaties te kweek wat sappiger en soeter is as die van die winkel. Hoe kan jy jou tamaties nog soeter maak? Probeer 'n bietjie Engelse sout by die grond voeg. Maak seker dat dit net op die grond gestrooi word en nie op die plant nie. Jy kan dit ook spuit met ‘n mengsel van water en Engelse sout.

As jy hou van tuinmaak, leef jy die Republk leefstyl uit! Buitelewe is bobaas, 'n avontuur in jou eie tuin! As jy goeie raad het wat ons op ons sosiale media blaaie kan deel, stuur 'n e-pos na info@republk.co.za