10 Kitsfeite oor Suid-Afrika

10 Kitsfeite oor Suid-Afrika

10 Kitsfeite oor Suid-Afrika

Geskryf deur: Danielle Kleyn

Hoeveel van hierdie feite het jy geweet?

  1. Die Kasteel van Goeie Hoop in Kaapstad is die oudste gebou in Suid-Afrika en is tussen 1666 en 1679 gebou.
  2. Die Gauteng provinsie is Suid-Afrika se kleinste provinsie maar is verantwoordelik vir 34% van Suid-Afrika se BBP.
  3. JRR Tolkien, die skrywer van die bekende Lord of the Rings boeke, is in Bloemfontein gebore.
  4. Die Bloukransbrug in die Wes-Kaap (216m)  spog met die hoogste kommersiële reksprong ligging in die wêreld.
  5. Suid-Afrika beskik oor 10 UNESCO wêrelderfenisgebiede, naamlik die iSimangaliso- vleilandpark, Robbeneiland, die Wieg van die Mensdom, die uKhahlamba Drakensbergpark, Mapungubwe, die Vredefortkoepel, Die Richtersveld kulturele landskap, die Khomani-kulturele landskap, die Maloti-Drakensberg Park en die Kaapse Fynbosstreek. 
  6. Tafelberg is een van die oudste berge in die wêreld.
  7. Die 850km pad deur die Kaapse Wynland is die wêreld se grootste wynroete.
  8. Die wêreld se grootste diamant is in die Premiermyn gevind en het “Cullinan” geheet. Die diamant is vernoem na die eienaar van hierdie myn.
  9. Sutherland in die Karoo huisves een van die drie grootste teleskope in die wêreld.
  10. Daar word gesê dat Johannesburg met sy ongeveer ses miljoen bome, die wêreld se grootste mensgemaakte woud is.