Republk Grootmaat Verkope

Republk is reeds in meer as 150 kleinhandelwinkels in Suid-Afrika. Jy kan ook 'n verspreider en handelaar van Republk produkte word deur op www.republkwholesale.co.za te registreer. Registrasie neem net 30 sekondes!

Belangrike inligting vir grootmaat aankope:

  • Alle bestellings word deur die aanlynportaal geplaas. Na afloop van die plasing van 'n bestelling, word voorraad bevestig en 'n faktuur word uitgereik. Betaling word dan per EFT gemaak en die pakkie word versend sodra voorraad gereed is.
  • 'n Minimum eerste bestelling van R3000 is nodig om 'n grootmaat bestelling te plaas.
  • Jy moet 'n bestaande kleinhandelwinkel of aanlynwinkel wees om te kwalifiseer vir grootmaataankope.
  • Geen voorraad word op 'n besendingsooreenkoms verskaf nie.
  • Bestellings kan tot 4 weke neem, afhangende van die beskikbaarheid van voorraad.
  • Bestellings word versend sodra betaling ontvang is. Geen rekeninge of alternatiewe betaaltermes word toegestaan op bestellings kleiner as R50 000 nie.

Vir advies oor beste verkopers, voorgestelde verkoopspryse of pasmaak produkte, e-pos ons by lisa@republk.co.za of kontak of Whatsapp Republk by 068 489 7705