3 Groot avonture vir jou emmerskop-lysie!

3 Groot avonture vir jou emmerskop-lysie!

3 Groot avonture vir jou emmerskop-lysie!

Geskryf deur: Danielle Kleyn

Aandag mede-avontuurlustiges, hier is drie aktiwiteite in Suid-Afrika wat jy beslis by jou emmerskoplysie moet voeg.

Rekspring (bungee jumping)

Indien jy in of naby Johannesburg bly, kan jy by die Soweto Towers gaan rekspring vanaf ‘n hoogte van 100m. Jy kan selfs ‘n dvd of foto’s koop om jou te herinner aan hierdie belewenis (as jy dit wel gedoen het en vir ons foto’s kan stuur, staan jy ’n kans om ’n “Where Legends Are Made” Republk t-hemp te wen!).

Kaapenaars kan by Afrika se hoogste brug, Bloukrans, geleë op die N2 tussen die Oos-Kaap en Wes-Kaap, gaan rekspring. Enige persoon wat ouer as 14 en tussen 35-150kg weeg kan hierdie avontuur aandurf. Dvd’s en foto’s is ook hier beskikbaar. Die sprong is sowat 216m na onder, wat die Bloukrans brug die wêreld se hoogste kommersiële rekspring brug maak!

Duik saam met die haaie

Met die voordurende afname in verskeie haai spesies moet dit beslis op enige diereliefhebber se emmerskop-lysie wees om saam met die haaie te gaan duik.  Jy het geen spesiale opleiding nodig nie- net genoeg moed! Moet egter nie te veel bekommer nie, jy is ten alle tye veilig binne in ‘n staalhok.

Gansbaai spog met die grootste bevolking van Groot wit haaie ter wêreld, wat dit die  perfekte bestemming vir hierdie aktiwiteit maak.  Die rede hiervoor is omdat dit naby aan Dyereiland met sowat 50 000 robbe is. 

Dit is ook moontlik om hierdie aktiwiteit in Durban te beoefen. ‘n Verskeidenheid haaie, onder ander die tierhaai, kan hier bespeur word.

Staproetes

Dit maak sin dat Leeukop in die Moederstad een van die bekendste staproetes onder toeriste en plaaslike inwoners is. Terwyl jy klim sal jy onder ander Tafelberg,  Clifton en Kampsbaai strande, asook die Twaalf Apostels bergreeks kan sien. Dit neem ongeveer 90 minute om een van die twee roetes na Leeukop te klim.

Nog ‘n skilderagtige plek om te stap, is die Drakensberge wat oor ‘n verskeidenheid staproetes beskik om by enige fiksheidsvlak te pas. Die Drakensberge huisves byna 40% van alle nie-mariene voëlspesies in Suid-Afrika, wat dit die ideale staproete vir voëlkykers maak. Kry vandag nog vir jou ‘n dames Kaalvoet oor die Drakensberge of mans Drakensberg t-hemp om by die geleentheid te pas!