3 Instagram-profiele wat ‘n baken van hoop is

3 Instagram-profiele wat ‘n baken van hoop is

3 Instagram-profiele wat ‘n baken van hoop is

Klankgreep:

 

Ons leef in ‘n era waar ons amper konstant met negatiewe nuus gebombardeer word. In sulke tye is dit juis wanneer ons onsself met positiewe mense moet omring. Republk hou van positiwiteit saai, so hier is  ‘n lysie van Instagram-profiele wie ons dink inspirerend is, en wat jy beslis moet volg:

  1. Die blogger Juanli Theron. As mede-stigter van die Naguilklub is Juanli se Instagram profiel uiters eerlik en menslik- hier deel sy foto’s van die struikelblokke en kostelikhede wat sy as ouer van twee woelige kleuters beleef. Sy is ook deel ook dikwels inspirerende woorde uit haar eie pen. 
  2. Chanté Kelder Jansen van Rensburg. Chanté deel gereeld foto’s van inspirerende aanhalings en gedigte. Sy is ook ‘n resensieskrywer vir NB Uitgewers en dus kan jy verwag om ook aanbevelings van goeie boeke op haar blad te kry. 
  3. Chantel Jade Struwig. Chantel is gebore met ‘n rooi geboortevlek wat ‘n gedeelte van haar gesig bedek maar het egter die besluit gemaak dat dit nie haar selfbeeld gaan beïnvloed nie. 

Het jy enige voorstelle wie nommer 4 en 5 op die lys kan wees? Stuur jou voorstel na info@republk.co.za