4 LANDMERK STOPPE WAT JY KAN BESOEK

4 LANDMERK STOPPE WAT JY KAN BESOEK

4 LANDMERK STOPPE WAT JY KAN BESOEK

 

 

Dis onmiskenbaar dat daar ‘n stukkie avontuur in elke Suid-Afrikaanse hart lê. Die pandemie struktuur het vele van ons van vryheid en genot beroof, maar een toneel hou aan om die laaste paar maande voor ons oë af te speel; mense se herondekte lus vir avontuur. En vir daardie rede, ons het ‘n paar blink voorstelle vir jou volgende wegbreek in die tuisland.

 

  1. KGALAGADI NASIONALE PARK

Noem die naam van hierdie park in die Kalahari en die wêreld weet waarvan jy praat. In die Noorde van die park, naas aan Namibië, lê die Grootkolk Wildernes Kamp. Warm en absoluut ongelooflik, is die stukkie grond in die park tog een van die mooistes - maar moenie geflous word nie, die pragtige stuk landskap kan slegs gesien word in ‘’n bakkie of 4x4 voertuig as jy nie van plan is om êrens in ‘n sandduin vas te sit nie.

 

Vinnige feit!

Kgalagadi Nasionale Park is huis van die swart maanhaar Kalahari leeu, een van die diere in die wêreld wat die maklikste klimaties kan aanpas in temperature van -8 tot ongeveer 50 grade Celsius. 

 

  1. DIE DRAKENSBERGE

Met ‘n berg wat lyk asof hy eintlik in Europa moet staan, is Cathedral Peak een van die hoogste punte in die groenige bergreeks. Hierdie bergpiek bied skuiling vir vele toerisme besienswaardighede in die vallei. Met die Cathedral Peak Hotel wat omring is deur natuurprag en magtige klipreekse wat langs jou opstrek, is dit nie moeilik om rus hier te vind nie.

 

Vinnige feit!

Die Cathedral Peak is 3004 meter bo seevlak en is vir die eerste keer in 1917 deur D.W. Basset-Smith en R.G. Kingdon geklim.

 

  1. BLYDE RIVIER CANYON

Ons hoor die woord ‘canyon’ en direk sien ons ‘n prentjie van groot klipperige gedoentes, maar nie as jy aan die Blyde River Canyon dink nie. Hierdie sub-tropiese vallei val sag op die oog en is so groen soos kan kom. Klipgooi afstand van die Blyde Rivier Canyon af, sal jy die Blyde Rivier Lodge vind. Plaaslike inwonders verwys na die losie as “’n huis weg van die huis af… maar net mooier.”

 

Vinnige feit!

Die Blyde Rivier Canyon is die grootste canyon in Suid-Afrika en strek oor ‘n grond oppervlak van ongeveer 26 kilometer.

 

  1. DIE TUINROETE

Daar kruip ‘n stukkie buiteland genaamd, Die Tsitsikamma Nasionale Park, in die hart van die Tuinroete weg. Met hierdie park, wat bekend staan vir sy diverse ekosisteem, insluitend duisende voel spesies, ‘n wye verskeidenheid van seelewe en asemrowende plantegroei, voel dit asof jy in jou gunsteling Steven Spielberg film rond paradeer.

Vinnige feit!

Die gewilde Stormsrivier Brug wat 77m oor die see strek, huisves ook homself hier oor die Tsitsikamma Nasionale Park se woelige waters.

 

Suid-Afrika se natuurprag is oneindig en dit roep elkeen wat vasgevang voel in hul eie tuistes, om te kom kuier. So pak jou sak en durf om weer in die wêreld van avonture te kom leef.