5 Unieke Dorpies wat jy moet besoek!

5 Unieke Dorpies wat jy moet besoek!

5 Unieke Dorpies wat jy moet besoek!

 

  1. Wakkerstroom, Mpumalanga

Die dorp Wakkerstoom word die juweel van Mpumalanga genoem. Die woorde “tussen riviere en berge” is juis van toepassing op dié dorp wat as een van die mooiste dorpe in Suid Afrika beskou word. Wakkerstroom is in 1859 gevestig en die dorp se naam is ’n Afrikaanse vertaling van die Zoeloenaam vir die rivier wat naby die dorp verby vloei, die uThaka, (Wakker). Die dorp is gestig deur Dirk Cornelius Uys op die plaas Gryshoek. Tydens die Anglo-Boereoorlog het die Britte 'n lyn van een-en-twintig blokhuise tussen Volksrust en Wakkerstroom gebou en een honderd tussen Wakkerstroom en Piet Retief. Die blokhuise is gebou om die Britse toevoerroete van Durban af te beskerm.

Wakkerstroom is ’n ideale naweek wegbreekplek met bergfiets- en staproetes vir natuur liefhebbers. Daar is ook twee groot damme net buite die dorp waar die vissermanne 'n lekker sonnige dag kan deurbring langs die viswater. Vir voëlkykers is Wakkerstroom ook een van die top-nestemmings in Suid-Afrika om te besoek en hier kan voëlkykers sowat 350 spesies besigtig.

 

  1. Cradock, Oos Kaap

Die dorp in die Karoo is bekend vir sy Sulferbron wat die dorp se unieke spa gebruik om die besoekers te pamperlang. Die Groot Visrivier vloei deur die dorp en daarom is dié dorp ook gewild onder vissermanne. Vir die natuurliefhebbers is daar staproetes en 4x4-roetes waar jy joubakkie lekker kan vuilsmeer.

In die dorp kan jy by Die Tuisuisie en Victoria Manor gaan skuiling soek vir n paar nagte. Daar is ook verskeie padstalle en koffiewinkels waar jy ’n lekker peselhappie kan geniet. 

  1. Haenertsburg, Limpopo

Die dorpie is vernoem na Carl Ferdinand Haenert wat saam met sy broer goud in die heuwels ontdek het in die 1886. Nadat die nuus bekend geword het, het die dorp die kern van die Woodbrush-goudveld geword. Die dorp is ook bekend vir sy jaarlikse Lentekermis waar verskeie blomme uitstallings ten toon gestel word.

Die hoë reenval, mis en groenigheid van Haenertsburg is soortgelyk aan die van Kananda en vandaar die pragtige natuurskoon. Dinge om te doen in die dorpie sluit in om te Zipline deur die woud, staproetes soos Magoebaskloofpas, kloofspring in die Georges Valleikloof of n besoek aan Wegraakbosch, vir ’n kaasproe. 

  1. Loxton, Noord Kaap

Loxtan is ’n klein dorp in die Noord-Kaap wat veral bekend is vir sy skaapboerdery. Loxtan is een van die grootste wolverskaffers in Suid-Afrika en ook die grootste knoffel verbouer in Suid-Afrika.

Vir diegene wat so effe nostalgies is, spog die dorp met Victoriaanse geboue, donkiekarre en die Old Truck-motormuseum met ’n versameling motors wat uit die Eerste Wêreldoorlog dateer. 

  1. Bethulie, Vrystaat

Die dorp is geleë sowat 90 minute Suid van Bloemfontein.  By die Ou Vellies sleap-Inn kan jy reel vir ’n toer om al die Anglo-Boereoorlog besienswaardighede te besigtig. Of lê besoek af aan die Pellissierhuismuseum. .Die museum is die oudste setlaarshuis in die Vrystaat.

In die dorp is daar is ook verskeidenheid aktiwiteite:

  1. Die Red Barn Gallery waar jy na pragtige skilderye kan gaan kyk.
  2. Die Transgariep Museum
  3. Champange staproete