Kampkos: Bierbrood in ’n blikkie

Kampkos: Bierbrood in ’n blikkie

Kampkos: Bierbrood in ’n blikkie

Bierbrood saam 'n bosveld-braai is soos melktert en kaneel. Jy kan dit maklik aanmekaar slaan en dit is so min bestandele jy kan dit op 'n statptoer ook vat. Gebruik sommer enige blikkie vir die broodjie en hê selfs minder skottelgoed! Hier is wat jy kort en die metode.

Jy kort:

  • 500 gram bruismeel
  • 5 ml sout
  • 10ml suiker
  • 125 ml kruis na smaak.
  • 1 bier
  • Geklitste eierwit
  • 4 x 300ml blikkies

Metode:

  1. Meng droë bestandele saam. 
  2. Voeg bier by tot die deeg taai is.
  3. Smeer blikkies met botter of spuit met “Spray and Cook”.
  4. Verdeel deeg tussen die blikkies.
  5. Smeer eierwit bo-op en bak in oond vir 30 minute tot gaar.