Drie bekende aantreklikhede waar jy Republk t-hemde kan vind!

Drie bekende aantreklikhede waar jy Republk t-hemde kan vind!

Drie bekende aantreklikhede waar jy Republk t-hemde kan vind!

Is jy verveeld dié vakansie-seisoen? Is jy ’n natuur- en diereliefhebber, patrioties of net opsoek na ’n dag vol genot en avontuur? Nie net kan jy dit alles by dié drie aantreklikhede vind nie maar jy kan ook ons Republk t-hemde daar koop!  


1.Die Voortrekkermonument:
Die Voortrekkermonument is geleë in Pretoria en sit binne ’n natuurreservaat. Gerhard Moerdijk het die monument ontwerp op 13 Julie 1937 ter nagedagtenis van die Voortrekkers se trek vanaf die Kaap Kolonie. Die Voortrekkermonument is voltooi teen 1949. Nie net is dit een van Gauteng se bekendste erfenisgebiede nie maar konserte vind gereeld in die reservaat plaas. Op 16 Desember van elke jaar word daar ook ’n Geloftefees op die terrein gehou wat deur duisende mense bygewoon word. Die reservaat het ook piekniekterrein, restaurante en die grootste Afrikaanse toerisme winkel – De Afrikander Handelhuis, waar jy hoë gehalte Afrikaanse produkte kan vind.


2. Kruger Nasionale Wildtuin:
Noord-Oos in Mpumalanga en Limpopo kan jy die grootste natuurreservaat in Suid-Afrika vind. Kruger is ongeveer 360km lank en is 65km breed op sy breedste punt, met n oppervlak van 1948825 hektaar. Die park word beskou as een van die beste parke ter wêreld en is die derde grootste nasionale park wêreldwyd.
Wat die park uniek maak is dat die ekosisteem so min as moontlik versteur word om gaste die gevoel van die ware Afrika-bosveld te gee. Onder andere het die wildtuin meer as 517 voëlspesies, 116 reptiele,34 amfibië, 49 visse en kan jy die beroemde “groot vyf” in hulle natuurlike habitat hier sien. Dagbesoekers kan in n oop Safari-voertuig saam ’n toergids die park besoek of kan jy met jou eie voertuig deur ry. Daar is ook akkommodasie in die reservaat as jy meer as een dag hier wil spandeer. Onthou om die geskenkwinkels te besoek om ’n aandenking van die wildtuin asook Republk t-hemde te koop.
 
3. Johannesburg Dieretuin
 Van plaas diere, die wildste van wilde diere soos die Bengalse tier tot klein brein otters en ’n akwarium wat jou asem sal wegslaan, is die Johannesburgse dieretuin ’n moet om te besoek! Nie net kan jy die mees unieke diere hier sien nie, maar die feesseisoen kan jy wegraak in ’n fantasie wêreld! Die dieretuin is omskep in fees van ligte vanaf 7 uur tot 10 uur saans reg deur Desember. Daar is verskeie aktiwiteite en stalletjies. Kom besigtig ook die ‘Boom van Ligte’ op 24 Desember saammet jou familie. Maak dan sommer ook ’n draai by die This is Arica-winkel waar jy eg Suid- Afrikaanse produkte kan koop asook Republk t-hemde!