Geskenkidees vir mans

Geskenkidees vir mans

Geskenkidees vir mans

- Danielle Kleyn

Die spesiale mans in jou lewe verdien ‘n geskenk wat net so spesiaal is. Dit kan egter ‘n nagmerrie wees om die ideale geskenk te vind. Hier is ‘n paar unieke kersgeskenk-idees vir die sterker geslag:

1. Republk  T-hemp Subskripsie

Weet jy hoe jy die gunsteling familielid kan word? Koop vir jou oom/man/seun/pa ‘n Republk t-hemp subskripsie. Dit werk soos volg: Republk stuur elke maand, vir 'n periode van 3, 6 of 12 maande vir jou 'n Republk t-hemp. Elke aflewering is 'n verrassing! Hoe langer subskripsie jy uitneem, hoe goedkoper is jou t-hemp elke maand. Boonop kry jy gratis aflewering na enige plek in Suid-Afrika!

Koop hier

 

2. ‘n Baard bederf stel

Hierdie geskenk is vir die man wat praktiese geskenke geniet. Gee vir hom rede om met sy baard te spog. Jou geliefde sal soos ‘n regte adonis voel! Onderstaande baardstel het ‘n baardkam, baardolie, baardbalsem en ‘n baardborsel. Boonop word dit verpak in ‘n oulike sakkie sodat dit saamgeneem kan word met vakansie.

Koop hier

 

3. Republk Egte Leer Notaboek

‘n Notaboek is ‘n gepaste geskenk vir enige man aangesien dit as ‘n dagboek, reisjoernaal, of selfs resepteboek gebruik kan word. Die oortreksel kan afgehaal word wanneer die boek volgeskryf is, en op ‘n nuwe boek gesit word- praat van ‘n geskenk wat oor en oor gebruik kan word! Indien die ontvanger vêr woon, kan Republk die notaboek by hul  huis aflaai met ‘n spesiale boodskap van jou af.

Koop hier

 

 4. ‘n Braaistel

Hierdie is die perfekte geskenk vir die man wat alreeds alles het. Meeste Suid-Afrikaanse mans is op hul gelukkigste voor die braaivleisvuur. Koop dalk vir hom ‘n braaistel met al die toerusting en speserye wat hy kan gebruik vir sy volgende braai. Hierdie braaistel by Builders Warehouse bevat ‘n braaitang, kerfvurk en ander handige braai toerusting.

Koop hier

 

5. Moerkoffie bone

Moerkoffie is nie net kitskoffie nie, dis ‘n koffie met skop – ons oupagrootjies het tydens die oorlog teen die Britte in die veld patats en boomwortels uitgegrawe om ʼn blikbeker boeretroos mee te brou. Die uniekheid van hierdie geskenk lê daarin dat dit alleen of as deel van ‘n geskenk aan iemand gegee kan word.

Koop hier