Idees om jou kinders besig te hou!

Idees om jou kinders besig te hou!

Idees om jou kinders besig te hou!

Geskryf deur: Danielle Kleyn.

Hier is ons 4 beste maniere om kinders besig te hou as die skool toe is - het jy ook idees? Laatweet ons by info@republk.co.za , dan deel ons dit met al ons volgelinge ook :)

1. Binnehuis-teater

Spring springmielies en kyk ‘n fliek wat jul as gesin saamgekies het. Dit is veral ‘n pret tydsverdryf vir bewolkte dae!

2. Huistakies

Talle ouers, insluitend die blogger, Juanli Theron, het besluit om hul kinders ekstra motivering te gee om huistakies te doen met behulp van speelgeld. Hul het ‘n huistakie aan ‘n sekere bedrag speelgeld (soos wat gebruik word in Monopoly) gekoppel. Dit sal byvoorbeeld twee speelnote werd wees om die visse te voer. Die speelgeld kan dan later gebruik word om lekkers mee te koop by die “snoepie”. Een speelnoot sal byvoorbeeld ‘n pakkie skyfies kan koop. Op hierdie manier hou  jy jou kleuters besig en leer hul hoe om met geld te  werk: ‘n wen-wen situasie.

3. Bordspeletjies

Stof al die ou gunstelinge soos Monopoly, Slangetjies en Leertjies en Scrabble af. Navorsing het bewys dat bordspeletjies kinders se taalvermoëns kan verbeter,  hul kan leer hoe om geduldig te wees, hoe om in ‘n span te werk, en hoe om ‘n goeie verloorder te wees. Loer gerus op www.afrikander.com vir Die Groot Trek bordspel!

4. Lees, lees, lees

Lees neem kinders nie net op ‘n ondekkingsreis nie, maar berei hul ook voor vir hul akademiese loopbaan. Indien jou kind nog nie oud genoeg is om self te kan lees nie, kan jy altyd vir hul voorlees. Indien jul nie fisiese boeke in die huis het nie, is daar gelukkig aanlynbronne met kinderboeke wat gratis beskikbaar is soos Storiewerf.co.za wat leesstof vir kinders van verskillende ouderdomme het.

Republk se lese is "leef die avontuur" - en niks sê "avontuur" soos 'n huis vol kinders nie! Loer ook gerus in die Winkel na tiener t-hemde en babygrows vir die kleinspan.