Kampplekke om in Gauteng te ontdek

Kampplekke om in Gauteng te ontdek

Kampplekke om in Gauteng te ontdek

- Danielle Kleyn.

Dit is nou al meer as honderd dae sedert die landswye inperking weens die COVID-19 uitbraak aangekondig is. Intussen het ons gelukkig na vlak twee afbeweeg en word reis tussen provinsies toegelaat. Volgelinge van die Republk-leefstyl is altyd opsoek na hul volgende avontuur. Hier is ‘n paar kampplekke in Gauteng vir wanneer die kamp-gogga jou byt.

  1. Ruah Park

Ruah Park is in die pragtige Waterberg bosveld, sowat 30 km vanaf Pretoria, geleë. Daar is 38 kampplekke waarvan elkeen hulle eie private ablusiegeriewe het. Van die aktiwiteite wat hier geniet kan word, is visvang (vang en laat los), stap en voëlkyk.

  1. Zwartfontein Oord

Zwartfontein oord is in die hartjie van Vereeniging en is 10km geleë vanaf die naaste dorp, Vaal Marina. Troeteldier-liefhebbers kan hulle vierpotige kinders saamneem indien daar vooruit gereël word met die oord. Hengel en ‘n verskeidenheid staproetes is van die aktiwiteite wat hier aangebied word.

  1. Sionbergh Kampterrein

Geleë op ‘n plaas in Heidelberg naby die Suikerbosrand Natuurreservaat, is hierdie die ideale wegbreek uit die stad se geraas. Avontuurlustiges kan gaan bergfiets ry, visvang (vang en laat los), voëlkyk en stap. Dit is kindervriendelik en toegerus met ‘n klimraam, swembad en ’n hindernisbaan. Daar is gemeenskaplike ablusiegeriewe vir die kampterrein.

  1. Shangrila Innibos

Shangrila Innibos is in Hartbeespoort geleë en het luukse kampeerplekke met private ablusies sowel as ‘n pragtige verskeidenheid selfsorg-eenhede. Die aktiwiteite beskikbaar op die terrein sluit in wildkyk, stap, bergfiets-ry en swem. Kinders sal ook geen tekort aan vermaak hê nie - daar is ‘n speelpark op die perseel en talle ander aktiwiteite in die omgewing.

  1. Thorn Tree Bush Camp

Thorn Tree Bush Camp is in die prentjiemooi Dinokeng Natuurreservaat geleë en is die perfekte plek vir ‘n Afrika-avontuur. Elke tent en kothuis is toegerus met ‘n privaat kombuis en braaiarea. Met ‘n lang lys aktiwiteite soos voëlkyk, golf, visvang, begeleide staproetes en wildritte sal niemand verveeld raak nie.

  1. Berg en Rivier

Berg en Rivier in Bronkhorstspruit het nie net selfsorg-eenhede nie, maar bied ook ‘n tentkamp met safari tente en luukse lodge akkomodasie. Daar is bergfietsroetes en ander aktiwiteite soos voëlkyk, bergklim, swem, hengel en ander wateraktiwiteite op die terrein beskikbaar.

Met die lente om die draai is dit weer tyd om die mooi Suid-Afrikaanse natuur te geniet! Laat weet ons gerus waar jy gewoonlik kamp!