Kry die beste uit die Krugerwildtuin

Kry die beste uit die Krugerwildtuin

Kry die beste uit die Krugerwildtuin

Met byna 20 000 vierkant ’n meter se wild (wat groter is as Wallis of Isreal), historiese skatte en argeologiese wonders - bly die Krugerwildtuin steeds een van Afrika se skatte. Die suidelike deel van die wildtuin het meer diere en spesifiek rondom Skukuza in die Suid-ooste kant.  Die Noorde van die wildtuin het die meeste olifante en Punda Maria en Pafuri is daar die bekendste areas vir wildbesigtiging.

 

Van die gunsteling paaie na die Krugerwildtuin is die S56 Mphongolopad (Noord van Shingwedzi), waar jy veral olifante kan sien. As jy daarop uit is om luiperds  te sien is die Shipandane-uitkykplek net Suid van die Mopaniekamp dalk ’n opsie. As heeldag se wild kyk nie jou koppie tee is nie is daar talle piekniekplekke wat jou keer op keer sal wil laat teruggaan.  Afsaal op die H3 tussen Skukuza en die Malalane-hek is ’n goeie opsie. Met meer as ’n miljoen toeriste wat die wildtuin jaarliks besoek, is daar natuurlik ’n oormaat verblyfopsies. Hier is ’n kort opsomming van die 12 ruskampe in die Krugerwildtuin:

    • Balule: Die mees tradisionele kamp met 15 kamp staanplekke en ses rondawels op die oewer van die Olifantsrivier. Hierdie kamp het nie restaurante, winkels of elektrisiteit nie.
    • Berg-enDal: Enn van die mees moderne kampe in die park, ideaal vir staproetes en jou beste kans om ’n witrenoster te sien.
    • Krokodilbrug: Geleë op die oewer van die Krokodilrivier, het ’n vulstasie en ’n kampwinkel.
    • Letaba: Sentraal geleë en bekend vir die Olifantmuseum, at beslis die moeite werd is om te besoek.
    • Malelane: ’n Kleiner kamp as die ander en in die verre-suide van die kamp geleë.
    • Mopani: ’n Moderne kamp wat in 1989 gebou is, wat dit die nuutste kamp maak van almal.
    • Olifants: Hierdie kamp is op ’n hoë krans gebou wat op die Olifanstrivier uitkyk. Hy het 107 rondawels, twee groter gastehuise en ’n piekniek-area. Geen kampering is hier toelaatbaar nie.
    • Onder-Sabie: Lekker safari-tente op die oewer van die Sabierivier met genoegsame wild.
    • Orpen: ’n Kleiner kamp wat ook die Maroela en Tamboti-kampe beheer. Hier kan jy gemeubileerde tente, woonwae en tent verblyf huur.
    • Pretoriuskop: Dié kamp is omring met bergkoppies en die area is klam en groen. Ideale are om swartwitpense en renosters te sien.
    • Punda Maria: Die mees noordelike ruskamp.
    • Satara: Die enigste kamp wat nie baby ’n rivier of dam gebou is nie, maar as gevolg van die veldvlaktes is daar ’n wye verskeidenheid wildsoorte in die omgewing.
    • Shingwedzi: Geleë naby Punda Maria en bekend vir die grootste olifante in die park.
    • Skukuza: Die hoofkamp van die Krugerwildtuin met plek vir meer as 1000 besoekers. Dit is ook die kamp met die meeste fasiliteite, van ’n bibloteek tot ’n motorswerkswinkel.

As jy beplan om die Krugerwildtuin binnekort te besoek, onthou maar dat die fasiliteite by meeste ruskampe baie goed is en daar genoeg restaurante en kitsbanke is. Moenie nou teveel bekommer oor Malaria nie omdat die gevaartye tussen Oktober en April is, en as jy daarop uit is om wild te sien, maak seker jy staan vroeg op - dis die moeite werd!