Rand Steam Sentrum - 'n Nasionale Erfenis

Rand Steam Sentrum - 'n Nasionale Erfenis

Rand Steam Sentrum - 'n Nasionale Erfenis

Geskryf deur: Madelein Lamb.

Republk Barbier het amptelik in Maart 2020 sy deure in Rand Steam sentrum in Richmond oopgemaak. Dit is nie sommer enige sentrum nie, maar werklik 'n sentrum wat deel is van ons erfenis.

Het jy geweet dat Rand Steam sentrum die enigste winkelsentrum in Suid-Afrika is wat tot 'n erfenisgebied verklaar is?

Die sentrum in Richmond het ontstaan in 1896 toe n groep Zoeloe-mans, genaamd die “AmaWashas”, ‘n klere-was besigheid begin het langs die “Gasworks Spruit” vir die mynbedryf. In 1914 is die “AmaWashas” uit besigheid gedryf deur twee formele stoom-wasserye, wat later Rand Steam geword het.

Rand Steam wasserye se gewildheid het so ver gestrek dat hotelle reg oor Suid Afrika hulle wasgoed daarheen gestuur om gestoom en gekleur te word. Na die wasserye in die vroeë 60’s toegemaak het, is die insdustriële gebou vir die volgende 40 jaar beset deur informele straatsmouse en vakmanne. Imperial Holdings het daarna die geboue in die 2000’s oorgekoop en onwettiglik afgebreek om spasie te maak vir motorhandelaars. Die gemeenskap en Erfenisstigting het tussenbyde getree en die eiendom is verwaarloosd agtergelaat tot op hede. Net gedeeltes van die oorspronklike geskiedkundige geboue is oorgelaat.

Die sentrum is deur die Moolman-groep oorgeneem en gerestoreer na sy voormalige geskiedkundige glorie en karakter. Oorblyfsels van die voormalige baksteen gebou is nog te sien met die inskripsie: “Amawasha”. Hulle het suksesvol daarin geslaag om erfenis te bewaar en ‘n modern, stedelike sentrum met siel te skep waar die verlede en hede ontmoet.

Die Republk Barbier sluit in by die voortsetting van die bewaring van oer oue tradisies - toe ’n snor nog aansien en ’n baard nog betekenis gehad het. Vier die tradisie van klassieke styl en vat jou manlikheid op ’n nuwe avontuur