Stokperdjies vir beginners - (Deel 2)

Stokperdjies vir beginners - (Deel 2)

Stokperdjies vir beginners - (Deel 2)

Behalwe vir legkaarte, tuinmaak, verf en boeke lees is nog drie maniere waarop jy jou kreatiwiteit kan uitleef deur dié jaar werklik jou vrye tyd meer produktief te spandeer. Die lewe is immers ’n avontuur, nie ’n renbaan nie.

LEER ’N NUWE TAAL

Om 'n nuwe taal te leer is nie net goeie oefening vir ons brein nie, maar dit is 'n uitstekende manier om die kommunikasiegaping tussen nasies te oorbrug. En aangesien jy elkgeval besig is om jou volgende oorsese toer te beplan, kan jy net sowel die taal ook baas raak! Stel jy voor jy kan Frans praat in Frankryk of Duits by die Duitse bierfees praat! Maak seker jy het iemand met wie jy gereeld in die taal gaan gesels of gebruik die Duolingo toepassing om te leer.

Die internet is weereens 'n skatkis van hulpbronne. Daar is baie gratis webwerwe en programme om jou te help om enige tale te leer.

LEER HOE OM TE KOOK OF BAK

As jy heelwat tyd by die huis het is dit 'n wonderlike geleentheid om die kookvaardighede in die kombuis te slyp en gesamentlik 'n lekker ete op te dis. Daar is geen beter tyd om jou “Kook en Geniet” nader te trek nie.

Die weeg van bestandele en die volg van 'n resep kan ook help om jou kinders se syfervaardighede te ontwikkel. Ons verdien almal 'n lekkerny of twee in die huidige onsekere tye, so dit kan nou die tyd wees om jou innerlike kookvaardighede te vind.

OEFEN

Wie sê jy kan net in die gimnasium oefen? Daar is baie oefeninge wat jy kan doen in die gerief van jou eie huis en jy kort nie enige spesiale gereedskap nie. Oefen is die mees produktiewe stokperdjie wat jy kan aanneem!