Tabaksak en pyprook

Tabaksak en pyprook

Tabaksak en pyprook

Geskryf deur: Danielle Kleyn    

Oom Paul, Sarel Cilliers en Adam Tas is slegs ‘n paar van die Suid-Afrikaanse historiese figure  wat ‘n liefde vir pyprook gehad het. Oorsee was daar ook bekendes wie aanklank by pyprook gevind het, soos Albert Einstein. En wat sal ‘n pyproker dan sonder ‘n stylvolle tabaksak wees om hul tabakgereedskap in te stoor?

Die maak van tabaksakke

Tabaksakke word deesdae hoofsaaklik uit leer en kunsleer gemaak, maar  daar was ook al tabaksakke gemaak uit slangvel, rooikatvel, haasvel en selfs meerkatvel. Die tabaksak is gemaak deur die  binnekant van die vel met ‘n sandklip glad te skuur. Die vel is dan noukeurig  met die hand gebrei totdat dit sag was. Uiteindelik word die vel op 'n plank oopgespalk en in die verlangde vorm gesny. Daar is ook ‘n bandjie aan die tabaksak vasgewerk om dit toe te maak, maar in die geval waar rooikatvel gebruik is, is die vel só gesny dat die stert aanbly sodat die tabaksak daarmee toegebind kan word.

Die woord "tabak"

Die woord “tabak” verwys na beide die tabakprodukte en die plant en het sy oorsprong in die Spaanse taal vanaf die woord tabaco. Interessant: Daar Is ‘n aantal  uitdrukkings wat te doen het met tabak, onder andere  “Hy maak van sy kies ‘n looikuil” wat beteken dat hy tabak pruim en “die pyp rook” wat beteken dat iemand in iets slaag.

Koop jou eie tabaksak!

Kliek hier om na Republk se eie handgemaakte tabaksak te loer!  Republk se tabaksak is beskikbaar as gevul of nie gevul nie. Die tabaksak het agt gleufies waarin jy jou tabakbenodighede kan sit. Die gevulde opsie het ‘n pyp, vuurhoutjies,’n tabakstopper, tabak en pypskoonmakers in.