
Branderplankry het sy Olimpiese debuut gemaak tydens die 2020 Tokio Spele by Tsurigasaki Strand in Japan. Hoewel die sport eers onlangs ingesluit is by die Olimpiese spele meen argeoloë dat branderplankry moontlik al so lank as vyf duisend jaar gelede ontwikkel het. Vandag word die sport wêreldwyd geniet en Suid-Afrika is geen uitsondering nie.
Top 10 Branderplankryplekke in Suid-Afrika
Suid-Afrika is die tuiste van wêreldklas branderplankryplekke en lok branderplankryers van alle vaardigheidsvlakke. Hier is die top 10 plekke om in Suid-Afrika die branders aan te pak:
1. Jeffrey’s Baai
Beroemd vir sy lang, vinnige branders, is Jeffery’s Baai 'n gunsteling onder professionele branderplankryers en bied die dorp groot internasionale kompetisies aan.
2. Muizenberg
Ideaal vir beginners en langplankryers. Muizenberg bied sagte, konsekwente branders met 'n lewendige branderplankkultuur.
3. Dungeons (Houtbaai)
Een van die wêreld se strande wat formidabele golwe lewer wat tot 20 meter hoog kan wees. Die strand bied ’n unieke uitdaging vir ervare branderplankryers.
4. Kaap St Francis
Die strand is bekend gemaak deur The Endless Summer en die branders vergelyk word met die van Jefferey’s baai maar met baie minder mense wat hier ry.
5. Elandsbaai
Elandsbaai is ’n afgeleë Weskus-juweel met lang golwe en pragtige natuurskoon.
6. Dunes (Noordhoek)
Kragtige branders wat die beste geskik is vir ervare branderplankryers.
7. Big Bay
’n Veelsydige strand- en rifbreek met asemrowende uitsigte oor Tafelberg, geskik vir alle vaardigheidsvlakke.
8. Llandudno
’n Skilderagtige branderplankryplek met kragtige, vinnig-brekende golwe, ideaal vir ervare branderplankryers wat uitdagende toestande soek.
9. Koffiebaai
Koffiebaai is geleë aan die Wildekus en bied asemrowende natuurskoon en ’n ontspanne branderplankkultuur.
10. Nahoon Reef (Oos-Londen)
Nahoon bied ’n klassieke rifbreek met kragtige golwe en 'n sterk plaaslike branderplankgemeenskap.
Met die legendariese branders by Jeffery’s Baai tot die opwindende golwe van Dungeons, het Suid-Afrika iets vir elke vaardigheidsvlak. Of jy nou 'n beginner of 'n ervare branderplakryer is, is Suid-Afrika ’n branderplankparadys.