Top 6 Instagram-profiele wat jy móét volg

  • Geskryf deur Danielle Kleyn

Ons wil graag die top 6 Instagram-profiele lys wat ons kon teekom, wat werklik die woord "avontuur" betekenis gee. 

Woord: Avontuur

Betekenis: Voorval; Opwindende gebeurtenis

Waar kom dit vandaan?

Volgens die Romeine was avontuur iets wat mens nie sou kon vermy nie en wat gaan kom. Aventura het “iets wat gaan gebeur” beteken.

Mense wat so ‘n leefstyl nastreef is die wie se hart vinniger klop wanneer hul die Afrika-son sien sak met ‘n koppie moerkoffie in die hand, die een wat kwaliteit koop omdat dit 'n leeftyd moet hou en wie hul seile verstel om deur die onstuimigste storm te roei.

Hier is ons lys van ses persone wie se Instagram profiele die avontuur-leefstyl uitbeeld met skakels na hulle Instagram-profiele:

  1. Nico Panagio, akteur en Survivor South Africa aanbieder.
  2. Morne Marais, 2014/2015 Mnr Suid-Afrika naaswenner, altyd in die kollig en ’n honger vir avontuur. 
  3. Minette van den Bergh. ’n Profiel vol toer, whiskey en wysheid. 
  4. Tim Theron, akteur, vervaardiger en storieverteller. 
  5. Marijke Bezuidenhout, aktrise, besigheidseienaar en fotograaf. 
  6. Willem Pool, ’n deelnemer op Boer soek ’n vrou. Sy beskrywing som dit mooi op - “Rooibostee en Vellies”!  

As jy ook aanbevelings het om die lys aan te vul, stuur asb Instagram-skakels na info@republk.co.za , dan deel ons dit graag met ons volgelinge!

Republk is alles avontuur - kry jou volgende t-hemp, blikbeker of bergklim Vellies by die Republk-winkel


Older Post Newer Post