Top avonture in en rondom Kaapstad

Top avonture in en rondom Kaapstad

Top avonture in en rondom Kaapstad

                                     

Kaapstad is die ideale bestemming vir avontuurlustiges. Hoeveel van hierdie aktiwiteite het jy al aangepak?

  1. Snorkel saam met die robbe

Het jy geweet jy kan saam met die robbe van Duikereiland in Houtbaai snorkel? Beginners is ook  welkom, aangesien meeste agentskappe die toerusting voorsien om hierdie avontuur aan te pak. Hierdie aktiwiteit is ideaal vir die somermaande maar kan dwarsdeur die jaar ervaar word.

  1. Duik saam met die haaie

Die Kaap, en meer spesifiek, Valsbaai, is bekend vir sy groot populasie grootwithaaie. Gansbaai, Kleinbaai en Simonstad is van die gewildste plekke om hierdie aktiwiteit te beoefen. ‘n Eenvoudige Google soektog sal vir jou ‘n lys van toeroperateurs gee wat jou kan bystaan om ‘n duikervaring te skeduleer.

  1. Rekspring

Suid-Afrika se hoogste brug, Bloukrans, is tussen die Oos-Kaap en die Wes-Kaap geleë. Dit is ook die land en die wêreld se hoogste reksprongbestemming. Hierdie senutergende sprong is sowat 216m hoog! Let wel daar is wel ‘n massabeperking van tussen 35kg-150kg om hierdie avontuur aan te pak.

  1. Klim Leeukop uit

Leeukop is een van Kaapstad se gunstelingbestemmings. Terwyl jy klim sal jy onder ander Tafelberg, Clifton- en Kampsbaai se strande, Robbeneiland, en die Twaalf Apostels bergreeks kan sien. Afhangend van hoe fiks jy is, vat dit ongeveer 90 minute om Leeukop uit te klim. Onthou om genoeg water en ‘n kamera saam te neem sodat jy die prentjiemooi landskap kan vasvang.