Trots Suid-Afrikaanse uitvindsels

Trots Suid-Afrikaanse uitvindsels

Trots Suid-Afrikaanse uitvindsels

’n Paar merkwaardige dinge wat Afrikaners oor ons bestaansgeskiedenis behaal het:

1.  Sasol (Suid-Afrikaanse Steenkool en Olie) 

SASOL is ’n merkwaardige suksesverhaal wat reeds uit 1950 datteer.  Secunda, Sasol se hoofaanleg, is die enigste kommersiële installatie ter wêreld wat steenkool in vloeistof omskakel. Dit maak SASOL die grootste vervaardiger van sintetiese brandstof. Die brandstof was reeds in 1955 by vulstasies in Suid-Afrika beskikbaar.

2. Dolosse

Dolosse is versterkte sement blokke in ‘n komplekse geometriese vorm wat reg oor die wêreld gebruik word as waterbreke. Die dolos is in 1963 ontwerp deur tekenaar Aubrey Kruger en is die eerste maal in Oos Londen gebruik.  

3.  Vlam Ionisasie bespeurder

Die wetenskaplike instrument meet analiet in die stoom van ’n gas.  Hierdie masjienerie is gelyktydig in Suid-Afrika en Neiu Seeland ontwikkel.  In Suid-Afrika is die tegnologie deur Victor Pretorius en J.Harley by die Universiteit van Pretoria ontwikkel.  Pretorius was ’n direkte afstammeling van Andries Pretorius.  

4. Cybertracker

Fisikus Louis Liebenberg en rekenaar wetenskaplike Lindsay Steventon het die Cybertracker in 1996 ontwikkel.  Die tegnologie word gebruik om diere van alle groottes en vorme op te spoor en maak gebruik van ’n satelliet navigasie sisteem soortgelyk aan GPS.  Deur middel van die tegnologie kan wetenskaplikes die beweging en migrasie van diere dophou vanaf die gemak van hul laboratoriums.  

5. Mxit

Mxit is in Stellenbosch in 1997 ontwikkel deur Herman Heunis.  Die kommunikasie diens is ontwikkel weens die hoë koste van sms boodskappe.  Mxit is amptelik in 2006 geloods en is op sy hoogtepunt deur sowat 7.2 miljoen mense gebruik in 120 lande.

6. Die wêreld se eerste ons-denominasie goue munt, die Kruger rand, is deur die SA Mint op 3 Julie 1967 geslaan.  Die naam Krugerrand is afgelei van Paul Kruger se naam.  

7.  Die maatskappy Remgro met belange in die bankwese, finansiele dienste, verpakking, glas produkte, mediese dienste, mynbou, petroleum, kos vervaardiging en menigte ander industrië is in 2015 as die 9de grootse publiek verhandelbare maatskappy in Suid-Afrika gelys en die 1436de om die wêreld.  Die maatskappy het ontstaan uit Voorbrand tabak wat in die 1940s deur Dr Anton Rupert begin is.  

8. Hartoorplanting:  Die wêreld se eerste mens tot mens hartoorplanting is deur Dr Chris Barnard op 3 Desember 1967 uitgevoer.  Barnard het ’n dekade se ervaring as cardioloog gehad voor hy en ’n span van dertig, onder wie sy broer, Marius Barnard op die dag die eerste suksesvolle oorplanting gedoen het.  Die pasiënt, Louis Wahkansky, het vir 18 dae na die operasie geleef voor hy wees komplikasies gesterf het. 

9. Penis oorplanting

Die eerste suksesvolle penis oorplating is in Desember 2014 deur André van der Merwe van die Universiteit van Stellenbosch gedoen.  

10.  Anton Rupert was een van die stigters van die WWF (World Wildlife Fund) wat die grootste bewaringsorganisasie ter wêreld is met meer as vyf miljoen ondersteuners wat werk in 100 lande.

11.  Die eerste MBA program buite Noord-Amerika is aan die Universiteit van Pretoria in 1949 aangebied - in Afrikaans.