Waarom jy kan trots wees om Afrikaans te praat

Waarom jy kan trots wees om Afrikaans te praat

Waarom jy kan trots wees om Afrikaans te praat

Geskryf deur: Jaun-Mari Nel

Elke individu in die wêreld dink en praat in ‘n spesifieke taal, op sy eie unieke manier. ‘n Taal waarin jy kan droom, grappies maak en kommunikeer. Om Afrikaans as ‘n moedertaal te kan hê, gee ‘n gevoel van trots wees af – of jy nou rou Afrikaans, Kaapse Afrikaans of moderne Afrikaans praat. Jou tipe Afrikaans en jou unieke aksent, bly Afrikaans in ‘n ander weergawe!

Geskiedenis van Afrikaans

Die Afrikaanse taal is gevorm deur die geskiedenis en nalatenskap van elke Afrikaner. Sedert 1652 is die Afrikaanse taal begin kweek tot waar dit vandag is, alhoewel die Afrikaanse taal nou maar net ‘n skamele 99 jaar oud is teen 2022. Die taal het in die 1830’s begin as ‘n kommunikasiemiddel in die waar onder andere, Duitsers, Hollanders en Franse was. Hulle moes ‘n taal ontwikkel wat elke individu kan verstaan, wat verenig en wat oorgedra word van ‘n individu na die groter gemeenskap. Die literatuur van Afrikaans het eers na die Groot Trek in die 1850s begin ontwikkel.

Afrikaans kleuf aan jou

Ons taal het sy eie unieke kultuur deur die jare, heel trots, aan die taal begin vasgemaak en dit kleuf nou nog soos ‘n soet reuk aan elke Afrikaanssprekende. Dit word steeds oorgedra van generasie na generasie! Ek is veral trots op die heerlike verkleinwoorde van hierdie taal, my moedertaal, want ander tale het nie soveel verkleinwoorde woorde soos ons Afrikaanse taal nie. Daar is minimum ses agtervoegsels om verkleinwoorde in Afrikaans te vorm waarby meeste tale ‘n algemene hoeveelheid van drie agtervoegsels het.

Waarom jy kan trots wees

Ons kan ook tots wees op elke Afrikaanse organisasie wat sout en lig in die wêreld is! Die Afrikaanse bevolking is klein, maar ons maak ‘n impak in elke aspek van die lewe. Ons kan trots wees as ons in die binneland ons tradisionele Afrikaanse kultuur uitleef en as ons in die buiteland ons unieke Afrikaanse restaurant, met Afrikaanse disse soos melkkos en biltong of selfs pap en kaiings, oprig. Ons kan trots wees om te weet ons is tans nou ook besig om geskiedenis te maak, want Afrikaans is een van die jongste tale in die wêreld! Afrikaans is ook as een van die top mees aantreklike tale in die wêreld aangewys.

Afrikaans is deel van elke Afrikaanssprekende se identiteit. Ons kan saam sing, tradisionele strories deel en ons kan daarin rou ook. As Afrikaans jou moedertaal is, gee dit vir jou ‘n gevoel van behoort in die Afrikaanse samelewing. Elke Afrikaanssprekende, met sy unieke persoonlikheid, het ‘n identiteit in die Afrikaanse gemeenskap.

Interessant genoeg is Afrikaans deel van ons land, Suid-Afrika, se fondasie. Afrikaans het ‘n unieke styl en aksent. Afrikaanssprekendes het ‘n avontuurlustige gees, alhoewel ons dit tot voordeel moet gebruik om ons harde werk en beginsels te versterk, moet ons aan die ander kant ook nooit daarvan vergeet nie.

‘n Moedertaal soos Afrikaans, verenig die geskiedenis, die kultuur, die geloof en die land. ‘n Goeie voorbeeld is dat jy trots voel as iemand jou Afrikaans in die buiteland herken en daarin terugpraat. Ons kan trots wees op ons mense en ons Moedertaal net soos elke ander groep ook trots is op sy unieke moedertaal. Wat veral ook lekker is, is as iemand ‘n ander moedertaal het, maar hy/sy doen moeite om jou moedertaal te leer ken.

‘n Anonieme persoon het ‘n pragtige gedig oor Afrikaans geskryf:

Afrikaans

My Moeder se taal

My moedertaal

Die taal met ‘n kort, kragtige geskiedenis

‘n Taal met pyn, lyding en vergifnis

Dit is ook ‘n taal wat jy uitleef en

‘n Gevoel van trots en behoort beleef

Elkeen se Afrikaans is uniek, maar dit verenig

‘n Afrikaanse kultuur met bloed en sweet

In die punt van Afrika gevorm en gevou

Vir jou vir nou

Virewig in my gedagtes behou

My Moeder se taal

My moedertaal

Afrikaans

Die Afrikaanse bevolking dra waarde hier op aarde. Afrikaans oorwin en oorleef. Ons is trots op Afrikaans en daarom moet ons, ons taal vier!