Info

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R135 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte.Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R95 - R160 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Aramex gekoerier en ’n vaste koste van R1300 word gehef vir pakkies tot 5kg in volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as dit kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir bykomende koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk

Grootte-gids

Skoen groottes: Mans

EU 36 37.5 38.5 40 42 43.5 44 45 46.5 48
UK & SA 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
US 4.5 5.5 6.5 7.5 8.5 9.5 10.5 11.5 12.5 13.5
Millimeter 230 240 260 266 275 285 295 300 310 330

 

Skoen groottes: Dames

EU 36 37.5 38.5 40 42 43.5
UK & SA 4 5 6 7 8 9
US 4.5 5.5 6.5 7.5 8.5 9.5
Millimeter 245 250 260 270 275 285

T-hemp groottes: Mans (neklyn tot onder)

 Grootte S M L XL 2XL 3XL 4XL
Nek tot onder (voor) 60cm 62cm 65cm 65.5cm 70cm 72cm 76cm

T-hemp groottes: Mans (bors)

 Grootte S M L XL 2XL 3XL 4XL
Nek tot onder (voor) 48.5cm 52cm 55cm 62cm 64cm 70cm 73cm

T-hemp groottes: Dames (bors)

 Grootte S M L XL 2XL 3XL 4XL
Nek tot onder (voor) 42cm 45cm 47cm 52cm 53cm - -

T-hemp groottes: Dames (neklyn tot onder)

 Grootte S M L XL 2XL
Nek tot onder (voor) 49cm 50cm 51cm 51.5cm 52cm


Omruil van produkte

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.