5 Geskenkidees vir die feesseisoen

5 Geskenkidees vir die feesseisoen

5 Geskenkidees vir die feesseisoen

Wanneer Novembermaand aangesluip kom, begin meeste van ons, ons kreatiewe denke agter mekaar kry vir kersgeskenke wat uniek is aan elkeen in die familie of vriendekring. As ons ons oë uitvee, is Kersfees ‘n week weg en daarna is ons binne-in die nuwe jaar! Dit sal beslis beter wees om nou al daardie gekenk vir iemand spesiaal te kry. 

 

  1. ‘n Goeie kersgeskenk idee vir die familie of naastes, is die Kersfees T-hemp  van Republk! Elke keer wat jy die hemp dra sal jy van voor af in die gees van die feestyd kom – al is dit nie eers meer Desember nie. Om na die unieke hemp te loer, kliek hier
  2. ‘n Boek is altyd ’n treffer-geskenk vir diegene met belangstelling in bepaalde onderwerpe. Die boek hoef nie dik of groot te wees nie, net geskik vir die persoon se unieke smaak. 
  3. Vir die koffieliefhebbers, kan ‘n spesiale koffie koppie gemaak of gekoop word. Wat natuurlik saam met die koppie kan gaan, is goeie koffiebone en natuurlik goeie geselskap! 
  4. Teen Desember is die meeste van ons se sokkies al gaar gedra. Republk se unieke Sokkie Sokkies is daarom die perfekte geskenk.  wat tydens die werk of vir ‘n spesiale funksie gedra kan word. Daar is ‘n wye verskeidenheid Sokkie Sokkies. Elkeen kan ‘n ander sokkie kry met ‘n lekker sjokolade tussenin, want twee geskenke is beter as een! Loer hier na Republk se verskillende ontwerpe. 
  5. Mooi huisware vir die nuutgetroudes of vir vriende of familie wat in hulle nuwe huis ingetrek het, sal ‘n goeie geskenk-idee wees. ’n Mooi stel glas en trots-Afrikaanse ‘coasters’ is ’n treffer geskenk-idee. Koop nou.