Geskenkidees vir dames

Geskenkidees vir dames

Geskenkidees vir dames
  • Danielle Kleyn

Maart is Internasionale Vrouemaand. Ongeag of jy opsoek is na ‘n geskenk vir die vrou in jou lewe se verjaarsdag, huweliksherdenking of sommer net om te sê dat jy haar waardeer- hier is geskenkidees vir enige geleentheid.

 

  1. Dames Geskenkboks

Jy spaar R275 indien jy hierdie geskenkboks koop. In hierdie geskenkboks propvol bederf sal jy die volgende ontvang:

1) Blommetjie Gedenk aan My T-Hemp (S-2XL) beskikbaar.

2) Blommetjie Dames Buff/Nekband

3) Blommetjie Gedenk aan My Enamel beker.

4) Republk Dames Hoed.

5) Hartjie my Liefie Coaster

6) GRATIS aflewering na enige plek in SA.

 Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/damesgeskenkboks

 

  1. Ysterberg Dameshorlosie

Die voordeel hiervan is dat sy nooit sal laat wees vir ‘n afspraak met jou nie! Maar wees gewaarsku- hierdie horlosie is so mooi dat sy moontlik meer na haar arm as na jou sal kyk. Dié Ysterberg horlosie is van hoë gehalte, sag op die oog en liggewig. Die horlosie is verpak in 'n egte leer sakkie en pronk met trots met die Republk-kenteken.

 Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/ysterbergdameshorlosie

 

  1. Katryn se Geheim Wonderolie

Watter vrou hou nie daarvan om bietjie bederf te word nie? Katryn se Geheim Wonderolie is  bederf in ‘n bottel. Die perfekte kombinasie van natuurlike bestanddele. 'n Ligte liggaamsolie wat vinnig absorbeer, die vel hidreer en kan help om die fyn lyne en die veroudering te verminder.

 Koop hier: https://afrikander.com/product/wonderolie-bathbody/

 

  1. Ingrid Jonker Sonbril

Laat sy met nuwe oë na jou kyk! Die Ingrid Jonker sonbril is ‘n donker hout sonbril wat beslis die koppe sal laat draai! Gepas vir enige gesigsvorm en ouderdom. Die ontwerp is eenvoudig maar vroulik. Jy kan ook laat weet of ons ‘n spesiale boodskap saam met die pakkie moet stuur.

Koop hier: https://www.republk.co.za/collections/dames/products/022894d1-fd6c-11e7-e6e7-c0711383c46c

  1. Femke Kleisen Juwele

Ongeag wat die vraag is, juwele is altyd die antwoord. De Afrikander Handelshuis het ‘n verskeidenheid van die bekende ontwerper, Femke Kleisen, se juwele onder een dak. Daar is iets vir diegene wat hou van ‘n swaar ontwerp, asook pendants vir die vrou wat ‘n kleiner ontwerp verkies. Die beste van alles? Dit kan na enige plek in die wêreld versend word.

Koop hier: https://afrikander.com/iets-wat-blink/