Gewilde haarstyle vir mans

Gewilde haarstyle vir mans

Gewilde haarstyle vir mans

Mans dra dikwels dieselfde haarstyl vir ’n lang tyd omdat hulle nie verskillende tipes ken om van te kies nie. Maar by Republk Barbier gaan ons altyd die ekstra myl! Hier is ’n paar gewilde haarstyle vir mans.

Geskeerde haarstyl:

Sommige mans verkies die kort geskeerde-voorkoms omdat dit min moeite vereis. Die voorkoms is maklik om te handhaaf en is perfek vir mans wat bles raak.

Die “Slicked-back” haarstyl:

Die voorkoms is klassiek en stylvol. Hare word bo-op die kop in ’n meer natuurlike voorkoms gelaat en word nie met haarolie of haarjel gestileer nie.  Hare word agtertoe geborsel en met ’n haardroeër drooggeblaas om die hare meer natuurlike vloei en beweging te gee.

Die Kantpaatjie:

Die klassieke voorkoms van ’n kantpaatjie skep ’n professionele voorkoms. Vir die haarstyl kan jy 'n haarproduk met 'n bietjie glans gebruik. Werk 'n klein hoeveelheid haarjel in klam hare in. Kies ’n kant, kam in plek.  Vinnig en maklik vir ’n tydlose voorkoms.

Langer hare bo met kort sye:

Die haarstyl is reeds vir ‘n paar jaar een van die gewildste haarstyle vir mans. Die haarstyl vereis kort geskeerde sye met langer hare bo-op die kop. Gebruik ’n haardroeër om langer hare regop te laat staan. Hierdie haarstyl is veral gepas vir dikker en weliger haartipes.

Kliek hier vir meer inligting oor jou naaste Republk Barbier