Avonture — Republk Barbier

Barbier Profiel: Rand Steam Winkelsentrum

Republk Barbier

Barbier Profiel: Rand Steam Winkelsentrum

Duncan Newby-Fraser is die barbier by Republk Barbier se Rand Steam tak. Duncan het reeds in 1992 begin om hare te sny in die koshuis en oor naweke en tydens vakansies in ’n plaaslike barbier gewerk vanaf die ouderdom van 14. Na skool het Duncan vir drie jaar studeer om hare te sny by Parktown College. Na voltooiing van sy studies in SA het Duncan na die Verenigde Koningkryk gegaan om verdere studies af te lê. Duncan is opgelei om alle style hare te sny en stilleer en het ook opleiding in die skeer van baarde ontvang. Duncan is uiters...

Read more →


Barbier profiel: Jean Crossing Winkelsentrum.

Republk Barbier

Barbier profiel: Jean Crossing Winkelsentrum.

Isabel is een van die barbiere by Republk Barbier se Jean Crossing tak. Isabel werk al reeds vir 35 jaar in die haarbedryf en spesialiseer die afgelope vyftien jaar in die sny van mans hare. Sy het in 1985 aan die Pretoria Kollege begin studeer om hare te sny en haar praktiese opleiding by Madge Hair Boutique gedoen. Hare is haar passie en sy geniet dit om die transformasie te sien wat haar kliënte ondergaan. Isabel het ‘n fyn oog vir detail en haar spontane persoonlikheid verseker dat haar kliënte keer op keer terugkom!

Read more →


Nog 'n rede om jou hare by Republk Barbier te sny

Republk Barbier

Nog 'n rede om jou hare by Republk Barbier te sny

Rosélle du Plessis het onlangs by Republk Barbier aangesluit. Sy sal tussen die Randsteam in Richmond, Jhb en die Jean Crossing tak in Centurion beweeg. In 2016 begin sy haar reis om ‘n haarkapper te word by La Louve Private Hair Academy in Pretoria, waar sy só goed vaar dat sy haar vakleerlingskap ook by bogenoemde instelling kon doen (’n massiewe eer omdat slegs die top studente ingeneem word as vakleerders). In November 2017 was Roselle een van ses finaliste in die Twincare “Hairstylist of the Year”- kompetisie.  Sy voltooi in Desember 2017 haar praktiese ure as vakleerder en sluit...

Read more →


Top 5 baard style

Republk Barbier

Top 5 baard style

Republk Barbier weet alles van baardsny, hier is ons top-vyf voorstelle vir jou baard! 1. Stoppelbaard ’n Stoppelbaard is een van die mees natuurlike baardstyle en volgens opnames baie gewild onder die dames. ‘n Stoppelbaard werk uitstekend op mans wat nie ’n sterk kakebeen het nie. Hou jou baard netjies met onderskeidelik 'n baardwas en skeermes. Vir 'n meer professionele voorkoms, skeer jou adamsappel. 2. Die Bokbaard Hierdie styl is vir diegene wat 'n klein bietjie baard op hul ken het. Die styl werk goed wanneer baard op die boonste lip en ken gegroei word terwyl die res van die...

Read more →


Waar kom Barbiere vandaan?

Republk Barbier

Waar kom Barbiere vandaan?

Barbiere het al so vroeg as 296 Voor Christus bestaan. Griekse mans het op die plaaslike markte vergader om hul hare en baarde te sny terwyl hulle gedebatteer en geskinder het. In vroeër jare het barbiere ook as chirurge en tandartse opgetree. Kan jy jou voorstel om by jou plaaslike barbier te vra vir die verwydering van ’n tant? Barbiere is eers formeel so genoem in die 19de eeu in Amerika, na A.B. Moler ’n haarkapperskool in Chicago geopen het. Dit was die eerste van sy soort ter wêreld. Die skool het opleiding, opvoeding en professionaliteit gebring tot die industrie....

Read more →