Ontmoet ons barbier!

Ontmoet ons barbier!

Ontmoet ons barbier!

Ontmoet vir Shaun Duyts (38), die barbier by Republk Barbier. Shaun is van Ierse afkoms en werk al reeds 18 jaar as ’n barbier. Hy begin as n vakleerling by Paul James haarsalon in 2003, waar hy vyf jaar gewerk het en waarna hy sy eie haarsalon oopgemaak het.

Op ‘n persoonlike noot:

Shaun ontspan graag in die natuur en geniet veral visvang, maar sal nie staptoere aanbeveel nie. Sy gunsteling haarsny is ‘n standaard haarsny, volgens hom is die meeste kliente baie konserwatief oor hul voorkoms en probeer nie maklik ‘n nuwe styl nie.

Sy gunsteling gereedskap is ‘n skêr en “clippers” en hy geniet dit om nuwe mense te ontmoet en na hulle stories te luister.

Hy het begin as haarkapper as ‘n grap en te sê hy wil hare sny – het ook sy suster se kêrels se hare gesny. In hart is hy ‘n boerseun en het met vrugte geboer.

Sy raad aan mense wat ‘n haarkapper wil word is: dra gemaklike skoene , jou eerste jaar gaan jou moeilikste wees.

En die beste raad vir bleskop mans; niks kan jou hare maak terug groei nie

Om ‘n goeie haarkapper te wees verg geduld en harde werk.

Kom stap net in of maak 'n afspraak by Republk Barbier!

Looking for a barber in Johannesburg? Be sure to visit Republk Barbier in Rand Steam Centre!