Stokperdjies vir beginners - begin só (Deel 1)

Stokperdjies vir beginners - begin só (Deel 1)

Stokperdjies vir beginners - begin só (Deel 1)

Geskryf deur: Madelein Lamb.

Die Republk leefstyl vereis dat jy jou vrye tyd vul vreugde, familie en natuur. Geen persoon het aan die einde van hulle gewens dat hulle meer tyd aan werk spandeer het nie! Die eerste stap is om te leer om jou vrye tyd aan projekte te spandeer wat jou vir meer vervulling gee as Netflix. So, hier is vier opsies wat jy kan oorweeg:

BOU 'N LEGKAART

Legkaarte is goeie brein-oefening en kan meer ontspannend wees as wat jy dink. Dit is ook ideale familie-tyd!

TUINMAAK

Het jy 'n binne- of buitetuin? Probeer dan 'n boompie, vetplant of kruie plant. Plante is ‘n natuurlike bron van suurstof en sal jou huis of stoep ook ophelder. Jy kan ook sade van die vrugte en groente by die huis gebruik. Vir meer wenke - lees hier ons reeks oor tuinmaak!

VERF EN KREATIEWE PROJEKTE

Probeer jou kreatiewe sy deur aanlyn te leer schilder of teken met houtskool of kleurpotlode.  Dit is waarskynlik die dinge wat jy op skool probeer het en nie voldoende tyd voor gehad het nie - dit is tyd om die herinneringe weer te herleef. Daar is baie eenvoudige wenke en instruksies vir kreatiewe tuisprojekte aanlyn wat jy tuis kan probeer.

LEES 'N BOEK

Lees 'n verhaal vir slaaptyd aan jou kinders of deel een met die gesin – dit kan 'n kalmerende manier wees om tyd saam deur te bring. Dalk ontdek jy dat jy self ’n boek wil skryf?

Lees is nie net lekker nie, maar dit hou baie voordele in. Lees kan jou help om jou taalvaardighede te ontwikkel en verbeter jou brein. Dit is die geleentheid vir jou om, indien moontlik, 'n volledige reeks te lees. Soos Deon Meyer vir die meer konserwatiewe leser. Of vir die sepieslawe van Netflix is daar die oorspronklike boeke van Lord of the Rings, Harry Potter, Game of Thrones en Handmade’s Tale.