Top 5 baard style

Top 5 baard style

Top 5 baard style

Republk Barbier weet alles van baardsny, hier is ons top-vyf voorstelle vir jou baard!

1. Stoppelbaard

’n Stoppelbaard is een van die mees natuurlike baardstyle en volgens opnames baie gewild onder die dames. ‘n Stoppelbaard werk uitstekend op mans wat nie ’n sterk kakebeen het nie. Hou jou baard netjies met onderskeidelik 'n baardwas en skeermes. Vir 'n meer professionele voorkoms, skeer jou adamsappel.

2. Die Bokbaard

Hierdie styl is vir diegene wat 'n klein bietjie baard op hul ken het. Die styl werk goed wanneer baard op die boonste lip en ken gegroei word terwyl die res van die gesig geskeer word. Die styl is ideaal vir skraal mans met 'n vierkantige gesig. Die voordeel van die styl is dat dit maklik is om te onderhou - al wat jy kort is ’n goeie elektriese-haarknipper.

3. Snor


Jamie Dornan se baard is 'n perfekte voorbeeld van die styl. Die snor is ‘n 'n bietjie langer, digter en voller as die baard. Alhoewel die vorm van die gesig nie saak maak nie, moet die baard welig of dik wees. Om die styl te onderhou kort jy ’n snorkam en elektriese-haarknipper.

4. Die kort baard

Goeie voorbeelde van bekendes wat die styl baard het is Ryan Reynolds en George Clooney. Die styl is ideaal vir ‘n geronde of reghoekige gesig wat 'n prominente kakebeen het. Die fokus van die styl is op 'n duidelike baardlyn. ‘n Skeermes, baardolie en ‘n elekstriese knipper sal jou help om die styl in plek te hou.

5. Vol baard

Om 'n welige baard te groei is nie so maklike as wat dit lyk nie, dit verg baie geduld om die styl te dra. Mans met 'n ovaal gesig, skraal en reghoekige kakebene kan hierdie styl probeer. Hierdie baardstyl verg baie versorging en ‘n baardknipper, skerp skêr, baardolie, baardbalsem, en’n baardborsel of baardkam word aanbeveel.

As jy enige iets aan jou baard doen, doen dit by Republk Barbier !