10 Feite oor Generaal De la Rey

10 Feite oor Generaal De la Rey

10 Feite oor Generaal De la Rey

Jacobus Hercules de la Rey was een van die bekendste generaals van die Anglo-Boereoorlog en bekend vir sy  ridderlike gedrag en vindingryke oorlogs taktieke. Dit is ook vir die rede dat hy die noemnaam, “Die Leeu van die Wes-Transvaal” ontvang het.

Hier is 10 feite wat jy moontlik nie geweet het van De la Rey nie:

1. De la Rey is gebore op die 22ste Oktober 1847 in die Windburg distrik van die Vrystaat .

2. Hy het sy plaas, Elandskloof, in die Lichtenburg distrik gekoop met geld wat hy as transportryer tussen Kaapstad en Kimberley verdien het, na hy sy hand gewaag het in die mynvelde van Kimberley.

3. In 1899, toe die Volksraad (waarnatoe hy verkies is in 1893) die opkomende oorlog bespreek het, was hy sterk gekant teen die idee van oorlog. Tydens die bespreking het die siening daartoe gelei dat hy bespot en beledig geword het.  Die teistering was die oorsaak van sy bekendste toespraak waar hy beloof het dat hy vrede maak met die besluit en dat hy self nog tot die bittereinde in die veld sal wees, lankna die wat vir die oorlog was al hulle wapens neergelê het .

4. Hy het titel van Generaal ontvangna die slag van Kraaipanwat op 12 Oktober 1899 plaasgevind het waartydens De la Rey die aanval op ’n gepanserde Britse trein gelei het en waartydens die eerste skote van die oorlog gevuur is.

5. Na die boere moes terugtrek tydens die slag van Graspan wat op 25 November 1899 plaasgevind het, het De la Rey tot die besef gekom dat die boere se taktiek om hoërgrond te benut hulle blootgestel het aan die Britte se kanonvuur .

6. De la Rey se insigte het gelei tot die eerste gebruik van loopgrawe by Modderrivier op 28 November 1899. De la Rey het sy troepe, asook die van Prinsloo laat loopgrawe grou in die oewers van die Modder- en Rietriviere waar hulle die treinbrug beskadig het. De la Rey se plan was om te wag tot die Britte binne vuurafstand was, maar Prinsloo se troepe het te vroeg afgevuur wat daartoe gelei het dat die Britte hulle oorweldig met kanonvuur. De la Rey het die boere gered met n laaste verdedigende aanval wat hulle toe gelaat het om terug te val na Magersfontein.

7. By Magersfontein het De la Rey sy Troepe beveel om loopgrawe voor die heuwels te grawe war hulle op 11 Desember 1899 die Britte ingewag het . Die taktiek het tot sukses gelei omdat die Engelse geglo het dat die boere agter die bosse en rotse op die heuwels geskuil het. Hul kanonvuur was nutteloos teen die boere wat in loopgrawe voor die heuwel wagtend was.  Tydens die verwisseling het die boere die Britte met genadelose en akkurate Mauservuur gepeper wat tot gevolg gehad het dat die Britte in wanorde terugval. Die taktiek was ook suksesvol by by Silkaatsnek, Ysterspruit en Tweebosch .

8. De la Rey se ridderlikheid is bewys by Tweebosch waar hy Generaal-Luitenant Lord Methuen se troepe terug na hull onderskeie oorlogslinies gestuur het omdat hy nie die bronne gehad het om hulle as krygsgevangenes te onderhou nie. Hy het Lord Methuen ook terug gestuur na die Britte as gevolg van die hewige beserings wat hy op gedoen het by Tweebosch op 2 Maart 1902 . De la Rey het geglo dat Lord Methuen nie sou oorleef sonder die mediese sorg wat slegs die Engelse kon bied nie.

9. Dit was gelo dat De la Rey die lokvalle van die Engelde kon vermy deur die raad van die eksentriek profeet Siener van Rensburg” wat saam sy mobiele kommando beweeg het.

10. De la Rey is oorlede op 15 September 1914 nadat hy in die rug geskiet is deur ’n waarskuwingskoot van ‘n padblokkade wat bedoel was om die Foster bende vas te keer. Sy laaste woorde was “ Dit is raak”.