Afrikanis T-hemp

Regular Price
R 349.00
Sale Price
R 349.00
Regular Price
Sold Out
Unit Price
Translation missing: en.general.accessibility.unit_price_separator 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

T-hemp groottes: Mans

T-hemp groottes: Dames

Plakkie groottes: Mans & Dames (Nik Naks & SABC)

Plakkie groottes: Mans & Dames (Trekker)

Skoen groottes: Mans

Skoen groottes: Dames


 

Sizes: L

Afrikanis is die inheemse hond van Afrika wat afstam van antieke Egiptiese honde wat regdeur die Nyldelta gevind kon word. Die eerste rekord van ’n mak hond in Suid-Afrika dateer vanaf 570 nC en sy oorblyfsels is in die gebied van hedendaagse Ellisras gevind. Die eerste geskrewe rekord van hierdie honde is in Vasco da Gama se dagboek waarin hy na die Khoikhoi verwys. Hy skryf: "Hulle het baie honde soos dié van Portugal”. Hierdie honde is nog nooit aan doelbewuste teling onderwerp nie en die gevolg is dat hulle goed aangepas by die Afrika-omgewing. Hulle is bestand teen algemene siektes, verdraagsaam teenoor parasiete en minder aangetas deur oorerflike siektes. Die historikus G.M Theal skryf oor hierdie honde: "Hy was 'n lelike wese, sy liggaam is soos dié van 'n jakkals gevorm, en die hare op sy ruggraat is vorentoe gedraai; maar hy is ’n getroue, diensbare dier van sy soort”.

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.