Braaiklub T-hemp

Regular Price
R 249.00
Sale Price
R 249.00
Regular Price
R 349.00
Sold Out
Unit Price
Translation missing: en.general.accessibility.unit_price_separator 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

T-hemp groottes: Mans

T-hemp groottes: Dames

Plakkie groottes: Mans & Dames (Nik Naks & SABC)

Plakkie groottes: Mans & Dames (Trekker)

Skoen groottes: Mans

Skoen groottes: Dames


 

Size: XL

Die Oudnoorse woord steikje, waarvan die woord “steak” ontleen, beteken “om te braai”. Van vroeg af in ons geskiedenis word daar reeds na braai verwys. In die bekende resepteboek “De volmaakte Hollandsche keuken-meid” wat in 1761 gepubliseer is, is een van die oudste braairesepte wat in Suid-Afrika gebruik is. In dié resep is vleis eers in gesmelte botter en pietersieliekrummels gedruk en dan in gebotterde papier tegevou voor dit op die rooster geplaas is. Die resep is gebruik vir enigeiets van haring tot skaap tong, maar is ook darm ingespan vir ’n alledaagse stukkie bees. Vir beste resultate het die resepteboek aanbeveel dat mens versigtig moet wees dat jou vuur nie doodgaan nie en dat die vleis dan met ’n sousie van aard bedien word. Wie sou kon raai dat daar bitter min sou verander in dié arena in meer as 260 jaar?

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.