Ontdek die onbekende T-hemp

Regular Price
R 349.00
Sale Price
R 349.00
Regular Price
Sold Out
Unit Price
Translation missing: en.general.accessibility.unit_price_separator 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

T-hemp groottes: Mans

T-hemp groottes: Dames

Plakkie groottes: Mans & Dames (Nik Naks & SABC)

Plakkie groottes: Mans & Dames (Trekker)

Skoen groottes: Mans

Skoen groottes: Dames


 

Sizes: XL

Afrika se totale oppervlakte beslaan 30,37 miljoen vierkante kilometer en is gelyk aan 20% van die landoppervlakte van die aarde. Dit is so groot dat ‘n mens die Verenigde State, China, Japan, Meksiko en baie Europese lande saam daarin kan pas! Daarteen is die getal mense in Afrika gelykstaande aan maar net 16,72% van die wêreld se bevolking! Juis om die rede lê ons kontinent oop voor ons, gereed om ontdek te word. Om elke hoek en draai is daar geleentheid vir avontuur en opwinding. Spring daarom in jou 4x4 en maak gereed om die wêreld aan te pak. Wie weet wat jy dalk ontdek?  Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:  Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou —   Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:  Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.