Wonder van Afrika T-hemp

Regular Price
R 349.00
Sale Price
R 349.00
Regular Price
R 335.00
Sold Out
Unit Price
Translation missing: en.general.accessibility.unit_price_separator 
Tax included. Shipping calculated at checkout.

T-hemp groottes: Mans

T-hemp groottes: Dames

Plakkie groottes: Mans & Dames (Nik Naks & SABC)

Plakkie groottes: Mans & Dames (Trekker)

Skoen groottes: Mans

Skoen groottes: Dames


 

Sizes: M

Afrika is 'n kontinent wat 'n onmiskenbare gevoel van magie uitstraal. Die aantrekkingskrag daarvan lê in die buitengewone diversiteit van sy landskap, kulture en natuurlewe. Van die uitgestrekte Serengeti tot die welige reënwoude van die Kongo-kom, Afrika se natuurlike skoonheid is eenvoudig ontsagwekkend. Die vasteland is die tuiste van die magtige olifante en kameelperde tot die koninklike leeus en luiperds. Terwyl jy jouself verdiep in die ritmes van Afrika-dromspel, asemrowende sonsondergange oor die Afrika-vlaktes aanskou kan jy nie anders as om 'n diepgaande verbintenis met iets groter as jouself te voel nie. Afrika se magie lê nie net in sy fisiese wonders nie, maar ook in sy vermoë om die siel aan te raak en 'n gevoel van verwondering aan te blaas, wat dit 'n magiese bestemming maak.

Aflewering binne Suid-Afrika

Soos ’n goed-geoefende posduif poog Republk om standaard plaaslike bestellings binne 1-3 werksdae by jou deur af te laai. Plaaslike aflewerings is gebasseer op waar jy woon en verskil tussen hoof sentrums en afgeleë areas.

R75 - R139 vir bestellings minder as 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

R90 - R165 vir bestellings bo 5kg volumetriese grootte. Presiese bedrag word bepaal op grond van waar jy woon.

Internasionale aflewerings

Alle internasionale versendings word deur Fedex of UPS gekoerier en koerierkoste kan tussen R780 en R990 wees afhangende van die volumetriese grootte. Vir pakkies wat swaarder is as 10kg in volumetriese grootte kan ’n bykomende kwotasie gestuur word vir ekstra koerierkostes, afhangende van die eindbestemming.

Let wel dat daar kan ook plaaslike doeane-fooie betaalbaar wees in die land waar jy woon en is buite die beheer van Republk

Jy is vir ons soos familie. Indien jou produk beskadig is sal ons dit op ons koste vir jou omruil, indien:

  • Jy ons daarvan in kennis stel binne 7 dae van jou aankoop;
  • Die produk in sy oorspronklike verpakking is;
  • Die produk ongebruik en in dieselfde toestand is waarin jy dit ontvang het.

Indien jou produk in tip-top toestand is maar jy van plan verander het, of jy wil ’n ander grootte of kleur hê  – dan ontmoet ons jou halfpad. Jy gaan op jou eie koste die produk aan ons moet terugstuur of aflewer. Ons sal op ons kostes die produk weer by jou aflaai. Verder geld dieselfde voorwaardes, naamlik dat jy ons daarvan in kennis moet stel binne 7 dae van jou aankoop en die produk in sy oorspronklike toestand moet wees.

Indien jy nie die produk wil omruil nie sal jy versoek word om die produk aan Republk terug te stuur op jou eie koste. Sodra die produk ontvang word en die produk ongebruik is, sal jou betaling per EFT aan jou terugbetaal word.

Vir internasionale bestellings is alle terugstuur of vervangingsfooie die verantwoordelikheid van die kliënt.