Avonture

3 Instagram-profiele wat ‘n baken van hoop is

3 Instagram-profiele wat ‘n baken van hoop is

Klankgreep:   Ons leef in ‘n era waar ons amper konstant met negatiewe nuus gebombardeer word. In sulke tye is dit juis wanneer ons onsself met positiewe mense moet omring. Republk hou van positiwiteit saai, so hier is  ‘n lysie van Instagram-profiele wie ons dink inspirerend is, en wat jy beslis moet volg: Die blogger Juanli Theron. As mede-stigter van die Naguilklub is Juanli se Instagram profiel uiters eerlik en menslik- hier deel sy foto’s van die struikelblokke en kostelikhede wat sy as ouer van twee woelige kleuters beleef. Sy is ook deel ook dikwels inspirerende woorde uit haar eie...

Read more →


Top 5 baard style

Republk Barbier

Top 5 baard style

Republk Barbier weet alles van baardsny, hier is ons top-vyf voorstelle vir jou baard! 1. Stoppelbaard ’n Stoppelbaard is een van die mees natuurlike baardstyle en volgens opnames baie gewild onder die dames. ‘n Stoppelbaard werk uitstekend op mans wat nie ’n sterk kakebeen het nie. Hou jou baard netjies met onderskeidelik 'n baardwas en skeermes. Vir 'n meer professionele voorkoms, skeer jou adamsappel. 2. Die Bokbaard Hierdie styl is vir diegene wat 'n klein bietjie baard op hul ken het. Die styl werk goed wanneer baard op die boonste lip en ken gegroei word terwyl die res van die...

Read more →


Waar kom Barbiere vandaan?

Republk Barbier

Waar kom Barbiere vandaan?

Barbiere het al so vroeg as 296 Voor Christus bestaan. Griekse mans het op die plaaslike markte vergader om hul hare en baarde te sny terwyl hulle gedebatteer en geskinder het. In vroeër jare het barbiere ook as chirurge en tandartse opgetree. Kan jy jou voorstel om by jou plaaslike barbier te vra vir die verwydering van ’n tant? Barbiere is eers formeel so genoem in die 19de eeu in Amerika, na A.B. Moler ’n haarkapperskool in Chicago geopen het. Dit was die eerste van sy soort ter wêreld. Die skool het opleiding, opvoeding en professionaliteit gebring tot die industrie....

Read more →


Ontmoet ons barbier!

Republk Barbier

Ontmoet ons barbier!

Ontmoet vir Shaun Duyts (38), die barbier by Republk Barbier. Shaun is van Ierse afkoms en werk al reeds 18 jaar as ’n barbier. Hy begin as n vakleerling by Paul James haarsalon in 2003, waar hy vyf jaar gewerk het en waarna hy sy eie haarsalon oopgemaak het. Op ‘n persoonlike noot: Shaun ontspan graag in die natuur en geniet veral visvang, maar sal nie staptoere aanbeveel nie. Sy gunsteling haarsny is ‘n standaard haarsny, volgens hom is die meeste kliente baie konserwatief oor hul voorkoms en probeer nie maklik ‘n nuwe styl nie. Sy gunsteling gereedskap is ‘n...

Read more →


Stokperdjies vir beginners - (Deel 2)

Stokperdjies vir beginners - (Deel 2)

Behalwe vir legkaarte, tuinmaak, verf en boeke lees is nog drie maniere waarop jy jou kreatiwiteit kan uitleef deur dié jaar werklik jou vrye tyd meer produktief te spandeer. Die lewe is immers ’n avontuur, nie ’n renbaan nie. LEER ’N NUWE TAAL Om 'n nuwe taal te leer is nie net goeie oefening vir ons brein nie, maar dit is 'n uitstekende manier om die kommunikasiegaping tussen nasies te oorbrug. En aangesien jy elkgeval besig is om jou volgende oorsese toer te beplan, kan jy net sowel die taal ook baas raak! Stel jy voor jy kan Frans praat...

Read more →